Jou Grond. Jou Toekoms. Ons Vennootskap.
G7 Renewable Energies nooi grondeienaars uit om saam skoon energie te ontwikkel.
In Suid-Afrika se oorgang na ’n volhoubare en betroubare energievooruitsig , staan G7 Renewable Energies uit, nie net vir hul tegniese kundigheid nie, maar vir hul volgehoue vennootskappe gegrond op vertroue, billikheid en ’n gesamentlike visie. Sedert 2008 is G7 een van die land se voorste ontwikkelaars van wind- en sonkrag, met kernwaardes wat sterk fokus op samewerking met plaaslike gemeenskappe.
G7 werk met integriteit en met ’n eenvoudige filosofie: hernubare energie begin met sterk verhoudings – verhoudings met mense wat hul grond goed ken, en omgee oor hul nalatenskap. Hierdie ingesteldheid vorm die hart van G7 se benadering tot ontwikkeling. Die grondeienaar staan sentraal en elke suksesvolle projek begin met ’n handdruk, ’n stap oor die grond en ’n gesprek gegrond in wedersydse respek en eerlikheid. Grondeienaars word nie bloot as deenemers beskou nie, maar as medeskrywers van Suid-Afrika se energietoekoms.
“Jou grond is meer as ’n projek. Dit is jou nalatenskap, jou welvaart en jou diepe verbintenis. Ons eer dit met elke ooreenkoms wat ons onderteken.”
G7 se ontwikkelingsproses is gestruktureer rondom deursigtigheid, samewerking en wedersydse voordeel. Grondeienaars word stap-vir-stap betrek, vanaf die eerste terreinbesoek, tot konstruksie en uiteindelike bedryf. Deur die hele proses ontsluit grondeienaars passiewe inkomste, sonder om eienaarskap prys te gee, met deurlopende mylpaalbetalings en ’n volhoubare langtermyn huur inkomste.
Windplase gebruik slegs sowat 1 – 3% van die plaasoppervlakte, wat toelaat dat landbouaktiwiteite meestal ongemoeid voortgaan. Die huurooreenkoms is ten volle oordraagbaar indien die grond verkoop of aan erfgename nagelaat word. Alle ontwikkelingskostes, permitte en konstruksie word deur G7 gedra, sonder enige finansiële risiko vir die grondeienaar.
Met ’n 15-jaar rekord en ’n ontwikkelingspyplyn van meer as 2 GW se energieprojekte, lê G7 se sukses in sterk en volhoubare verhoudings. Die Kaapstad-gebaseerde span werk met integriteit, deursigtigheid en ’n diep begrip van plaaslike gemeenskappe regoor Suid-Afrika.
Projekte soos Roggeveld-windplaas, Karreebosch-windplaas en die Oya-wind en son- energieprojek, om net ’n paar te noem, is nie net bewys van tegniese kundigheid nie, maar ook van die vertroue van grondeienaars wat keer op keer kies om saam met G7 te werk.
Die samewerking met grondeienaars oor die jare bevestig die gehalte van G7 se benadering tot ontwikkeling. “Ons is trots dat grondeienaars weer en weer na ons toe kom,” sê die G7-span. “Daardie lojaliteit beteken alles. Dit wys ons dat ons dit reg doen.”
Vir grondeienaars wat nuuskierig is oor die moontlikhede, bied G7 nie net ‘n sakegeleentheid nie, maar ’n vennootskap gegrond in vertroue en ‘n gedeelde visie vir die toekoms. As jy dit oorweeg om jou grond vir hernubare energie beskikbaar te stel, staan G7 gereed om te luister, saam die pad te stap, en ’n gesprek te begin wat werklik ’n verskil kan maak – vir jou, en vir Suid-Afrika.
Kom ons bou Suid-Afrika se skoon energietoekoms – saam.
Kontak G7 Renewable Energies nou! Ons sien uit om van u te hoor.
📍 125 Buitengrachtstraat, 5de Vloer, Kaapstad
📞 +27 21 300 0610 |
📧 land@g7energies.com
🌍 www.g7energies.com